top of page

Willer as die wildtuin!

Die Kruger Wildtuin is een van die wonderlikste kuierplekke in Suid Afrika en Aurshka Bothma het vir Jissie Sussie "saamgeneem" op hulle kersvakansie in Skukuza.

ree

Ons het regdeur die wildtuin saamgery met haar asemrowende foto's. Ons het leeus gekyk, baba Hyena's gesien en nog vele meer.

ree

ree

ree

Ons was ook gelukkig genoeg om lekker saam met hul te braai! Sjoe, hierdie mense weet net hoe... My mond water nou nog!

ree

ree

Arushka het ons ook gewys hoe 'n regmakertjie gedoen word daar waar sy vandaan kom. Dis mos feestyd en almal geniet so 'n ietsie... Vir die van julle wat so bietjie te lekker gekuier het die vorige aand, die wensresep is blykbaar 'n "Bloody Mary": Tomatie Cocktail, met peper en Cheatasco. Tradisioneel kom daar Worcestershire sous ook by, maar die het sy ongelukkig by die huis vergeet.



ree

Dis heerlik om te sien hoe mense ons produkte geniet, en Arushka het uitstekende idees. Dit was lekker om kersfees saam met jul te vier in die Kruger Nasionale Wildtuin, en sien uit om weer saam op reis te gaan met julle volgende vakansie!


ree

ree

Foto krediet: Arushka Bothma

Comments


+27716895907

  • Facebook
  • Twitter
  • LinkedIn

©2021 by Jissie Sussie. Proudly created with Wix.com

bottom of page